Hallo Johan en Lusinda

Na twee jaar se droom, voorbereiding en harde werk is ons trots en dankbaar om te laat weet ons het die verfilming van VIR ALTYD veilig voltooi. Ons glo ons het ‘n ongelooflike film waarmee daar ‘n groot doel is.

Dit alles sou natuurlik nie moontlik kon wees sonder julle hulp en bydra tot die film nie. Hoe kan ons as span genoeg dankie sê vir wat julle vir ons beteken het, julle het deel geword van die VIR ALTYD familie en uit julle pad gegaan om dinge vir ons moontlik te maak. Ons is werklik bevoorreg om julle as vennoot te hê en sien uit na die volgende fase wat voorlê.

Ons begin nou met die na-produksie en natuurlik die bemarking van VIR ALTYD. Hiermee gaan ons natuurlik weer saam hande vat om soveel waarde moontlik uit VIR ALTYD te skep. Glo my as ek sê daar lê groot dinge voor, 12 Februarie 2016 is om die draai.

Laat weet asseblief as daar vrae is oor enige iets in verband met die film en vennootskap. Ons glo teen alle tye in oop en eerlike kommunikasie.

Vriendelike Groete en Vir Altyd dankbaar

Die VIR ALTYD film span