Dankie Stefan Enslin vir julle ondersteuning ons sien baie uit !!!
Die lang wag is verby! Nul is nie niks nie is amper te sien in ‘n teater naby jou.
Druk hier en kyk na die lokprent
Moenie uitmis nie – gaan kyk NUL IS NIE NIKS NIE vanaf 7 Julie!
Redhead Productions & Faith in Motion Productions, in samewerking met kykNET films en die ATKV, bied aan NUL IS NIE NIKS NIE.
Besoek ons webblad
Like ons op Facebook
NUL IS NIE NIKS NIE is ’n aangrypende, inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en alles wat tussenin gebeur. Die rolprent vertel die storie van drie vriende (Hoender, Drikus en Chris) wat vasberade is om Drikus se laaste wens te bewaarheid – om ’n zombie-rolprent te maak. In die proses om die film te maak, begin Hoender om die verlies van sy pa se dood te verwerk. Hy maak terselfdertyd nuwe vriende, werk aan sy selfvertroue en besef dat hy heelwat het om aan ander te bied. Drikus se lus vir die lewe, uithouvermoë en determinasie bring die half-dood gemeenskap bymekaar en blaas nuwe lewe en hoop in die dorp in.
www.nulisnieniksnie.com